Subscribe by Email

Meer Amerikaanse soldate pleeg selfmoord as wat op front sterf

Altesaam 349 Amerikaanse soldate het verlede jaar selfmoord gepleeg, teenoor 301 in 2011 en 295 in 2010. Die minister van verdediging, Leon Panetta, het dit as een van die mees komplekse en nypende probleme beskryf waarmee sy departement te make het.
Tolvrye nommers is onder meer ingestel om soldate aan te moedig om oor hul probleme te praat.
Volgens die webwerf, Operation Enduring Freedom, is 310 Amerikaanse soldate verlede jaar in Afganistan dood. Dit was die minste in drie jaar. Dit sluit alle ongevalle, ook selfmoorde en ongelukke in. Die meeste Amerikaanse soldate, 499, is in 2010 in Afganistan dood.
Sedert 2001 het 2 175 Amerikaanse soldate reeds in Afganistan omgekom. Altesaam 3 256 geallieerde soldate het reeds omgekom.
Herman Toerien
Foto: ‘n Amerikaanse soldaat se oorskot kom tuis, AFP