Subscribe by Email

Media wil Terre’Blanche moordverhoor bywoon

Verskeie mediagroepe het begin stappe doen om toegelaat te word om die hofsaak waarin die twee beskuldigdes vir die Terre’Blanche moord gaan voorkom, by te woon en te rapporteer daaroor.

Onder hulle is Media24, E-TV en die NPA.

’n Johannesburgse regsfirma, Webber Wentzel Prokureurs, gaan hierdie aansoek namens die media groepe hanteer.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het gese dat die nuwe kinderwet voorsiening maak dat hofsake waarin minderjariges moet voorkom, “in camera” gehou moet word. Volgens hulle sal dit ’n beslissing van die hof in Ventersdorp wees wat sal moet besluit of die hof die media gaan toelaat om die verhoor by te woon, al dan nie.

’n Hofbeampte het verduidelik dat so ’n aansoek om toestemming dat die media die verhoor kan bywoon, ’n ingewikkelde proses is. Hoe lank dit kan duur om tot ’n besluit daaroor te kom, sal afhang van die voorsittende beampte in Ventersdorp.

Met die beskuldigdes se eerste hofverskyning verlede Dinsdag, het die NVG se hoof, Menzi Simelane gese dat die hele verhoor “in camera” gehou sal word, omdat een van die beskuldigdes minderjarig is.