Subscribe by Email

Media-uitnodiging: Solidariteit Beweging kondig veldtog teen plaasaanvalle aan

Die Solidariteit Beweging, spesifiek die vakbond Solidariteit, AfriForum, Kraal-Uitgewers en die Solidariteit Navorsingsinstituut, gaan op Woensdag, 25 April tydens ’n gesamentlike mediakonferensie ’n veldtog teen plaasaanvalle aan die media bekendstel. Die veldtog is daarop gemik om die regering te dwing om plaasaanvalle as ’n prioriteitsmisdaad te klassifiseer en om spesialiseenhede vir landelike veiligheid in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in te stel.

Die aankondiging sal onder meer ’n tienpunt-aksieplan vir die veldtog insluit. Die eerste been van die veldtog skop reeds Woensdag af en behels ʼn projek van Kraal-Uitgewers waarin die publiek genooi sal word om plaasaanvalle waardeur hulle geraak is, te laat lys. Die aanvalle sal dan in ʼn ‘boekmonument’ opgeneem word saam met die reeds meer as 2 600 ander aanvalle wat sedert 1990 plaasgevind het. ’n Treffende video oor plaasaanvalle sal ook tydens die geleentheid bekendgestel word.

“Die regering en die SAPD staan te lank reeds apaties oor plaasaanvalle. Terwyl hulle leë beloftes maak oor ’n landelike veiligheidsplan word mense daagliks op plase aangeval en vermoor. Daar kan nie langer in stilte toegekyk word hoe hierdie aanvalle die landbougemeenskap bedreig nie. Die Solidariteit Beweging gaan daarom eise stel wat prakties toegepas kan word en ’n direkte invloed op die hantering van hierdie misdaad sal hê,” verduidelik dr Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit.

Die media word uitgenooi om die bekendstelling by te woon:

Datum: Woensdag, 25 April 2012

Tyd: 09:30

Plek: Kremetart-raadsaal, Solidariteit-kompleks, hv DF Malan- en Eendrachtstraat, Kloofsig

Bevestig bywoning teen Dinsdag, 24 April om 16:30 by ilze@solidariteit.co.za.