Subscribe by Email

Media mag die Terre’Blanche moordverhoor bywoon

Die media is vandag deur die Ventersdorp se landdroshof toestemming gegee om die verhoor van die twee verdagtes in die Eugene Terre’Blanche moordsaak te mag bywoon.

Die aansoek deur verskeie media was vanoggend in die landdroshof op Ventersdorp aangehoor waar die borgtogaansoek van die moordverdagtes, mnr. Chris Mahlangu (27) en ’n minderjarige (15), aangehoor sal word. Die NVG het verlede week gesê die hofsaak sal in camera gehou word omdat een van die verdagtes minderjarig is.

Meer besonderhede hieroor volg later, soos wat koerant.com dit ontvang.

Opdatering: 14 April 2010, 10:30

Na wat verneem kan word, sal die minderjarige nie vandag sy borgaansoek voor die hof bring nie, maar wel die 27 jarige Chris Mahlangu. Die media mag sy borgaansoek bywoon. Meer opdaterings later.