Subscribe by Email

Mededingings-tribunaal besluit Media24 se prysstrategie was onregverdig

free-vector-media-24_066597_media-24Die Mededingings-tribunaal het Media24 gedwing om kredietwaarborge aan ander maatskappye in die Vrystaatse Goudvelde toe te staan, nadat Media24 se prysstrategie een van sy mededingers laat toemaak het. Ingevolge die bevel mag nuwe of ou publikasies in die gebied sekere krediet van Media24 verkry. Die maatskappye wat hieruit voordeel kan trek is die verspreidingsmaatskappy On the Dot en die Bloemfonteinse drukker Paarl Coldset.