Subscribe by Email

Mbeki ontken enige bande met die Guptas

Thabo-MbekiOudpresident Thabo Mbeki het ontken dat hy die Gupta-familie aan president Jacob Zuma voorgestel het. Sy stigting verwys in ‘n verklaring na bewerings deur ‘n verteenwoordiger van ‘n vereniging vir gewese politieke gevangenes, Mpho Masemola, oor ‘n verband tussen hom en die omstrede famlie. Mbeki ontken ook berigte dat ‘n familielid van die Guptas sy ekonomiese raadgewer was. Hy sê dit is wel waar dat Ajay Gupta lid was van die Internasionale Bemarkingsraad wat nou die naam Brand SA gebruik.