Subscribe by Email

Mayas het 2 500 jaar gelede al “sjokolade” geëet!

Dit was al lank bekend dat die Mayas sowat 3 500 jaar gelede kakao in vloeistof opgelos het en as ‘n soort warm sjokoladedrankie gedrink het. Hulle het ook daarvan dop met ‘n skop gebrou.

Nou het wetenskaplikes in Meksiko residu van kakao op borde van 2 500 jaar oud gekry. Dit is die eerste keer dat daar aanduidings is dat die Mayas kakao as iets anders as ‘n drankie genuttig het.

Uit die residu word afgelei die Mayas het dit as ‘n sous oor kos gebruik, of as spesery.  

 

 

Herman Toerien