Subscribe by Email

Matt Proudfoot word bevestig as Allister Coetzee se hulpafrigter by die Bokke

large_Matthew-Proudfoot-_-AllisteDie gewese hulpafrigter van die Stormers, Westelike Provinsie en die Kobe Steelers in Japan, Matt Proudfoot, het ‘n vierjaar-kontrak gesluit om Springbok-breier Allister Coetzee by te staan. SA Rugby sê hy begin onmiddellik in die nasionale afrigtingspan wat ook bestaan uit Johann van Graan en Mzwandile Stick. Van Graan is in beheer van aanval en lynstaanspel en Proudfoot sal help met skrum, breekpunte en kontakspel.