Subscribe by Email

Massamoordenaar Jared Lee Loughner skuldig

Jared Lee Loughner, die man wat 6 mense doodgeskiet en 13, onder meer die Amerikaanse kongreslid, Gabrielle Giffords, gewond het, het na ‘n pleitooreenkoms skuld beken op altesaam 19 aanklagte teen hom.

Ingevolge die pleitooreenkoms sal hy lewenslank agter tralies deurbring, en die doodstraf vryspring.

Loughner is voorheen as skisofreen gediagnoseer, en is in die inrigting waarin hy aangehou is, gedwing om medikasie daarvoor te neem. Die regter het nou bevind dat hy nou geskik is om verhoor te word. Hy verskeie lewenslange gevangenisstrawwe na mekaar uitdien en nie vir parool in aanmerking kan kom nie. Vonnis sal op 15 November gevel word.

Van die slagoffers n hul naasbestaandes het aangedui dat hulle die verwikkelinge verwelkom, omdat dit ‘n uitgerekte verhoor uitskakel, en hulle gouer finaliteit sal kan bereik. Ook die ruimtevaarder, Mark Kelly, Giffirds se man, het geskryf dat hy en sy vrou die verwikkelinge verwelkom. “Die lyn en verliese van die gebeure van 8 Januarie 2011 is onberekenbaar.” Hy meen die verwikkelinge sal hulle, en moontlik die ganse gemeenskap van suidelike Arizona op hul herstelpad sterk, en in staat stel om met hul lewens aan te gaan.

Giffords was die eintlike teiken van die aanval. Sy is in regs-fundamentalistiese kringe erg verkwalik toe sy die Republikeinse Party verlaat, en by die Demokrate aangesluit het. Sedert sy genoegsaam herstel het, het sy oor beginselsake egter in stemmings die Republikeine gesteun.

Loughner het ‘n jaar en half gelede in Arizona op ‘n groep mense losgebrand wat Griffords omring het. Hy het in Maart 2011 onskuldig gepleit op altesaam 49 aanklagte.

Die verwikkelinge volg slegs enkele dae na ‘n lid van ‘n rassistiese Punk-groep, Wade Michael Page, ses mense by ‘n Sikhtempel in Wisconsin doodgeskiet het. Page is in ‘n skietgeveg met die polisie dood.

Intussen gons Amerikaners nog oor die voorval waarin James Holmes na bewering op bioskoopgangers tydens die bekendstelling van die jongste Batmanfliek in Colorado losgebrand het.

Foto: Chris Morrison/Bill Robles/AP

Herman Toerien