Subscribe by Email

Marussia sê Bianchi het spoed verminder

Jules Bianchi

Terwyl Franse renjaer Bianchi steeds met ernstige kopbeserings in ‘n kritieke toestand in ‘n hospitaal in Japan is, is dit vir Marussia uiters ontstellend om op die gerugte aangaande die oorsake van die ongeluk te moet reageer.

Marussia het teruggekap oor aantygings dat Bianchi glo aangesê is om die geel waarskuwingsvlagte te ignoreer en teen volspoed voort te jaag in die nat en gure toestande in die Japanese Grand Prix.

Marussia sê data van die motor het gewys Bianchi het spoed verminder in die deel van die baan waar beamptes geel vlae gewaai het.  Die data is aan die FIA verskaf en Charlie Whiting, die wedrenbestuurder van dié F! Beheerliggaam, het dit ondersoek en bevestig dat Bianchi spoed verminder het.  Die span het ook ‘n volledige transkripsie van sy radiokommunikasie met Bianchi tydens die wedren verskaf en volgens die transkripsie het die span nooit enige instruksies vir hom gegee om die geel vlae te ignorer nie.