Subscribe by Email

Maropeng word groen

Verskeie inheemse boomsoorte is by die Maropeng-erfenisgebied aangeplant, word in dié instansie se jongste nuusbrief berig. Dié nuusbrief is opgedra aan Wêreldomgewingsdag wat op 5 Junie gevier word.
Ongelukkig het heelwat van die bome wat sedert 2005 aangeplant is, ten spyte van intensiewe sorg soos om in die winters toegedraai te word, nie die strawwe winters oorleef nie.
Maropeng bied nie iets spesiaals op 5 Junie aan nie, maar op 4 Junie kan aan die Cooper’s Cave-staptog deelneem. Op 18 Junie kan aan die Swartkrans-staptog en piekniek deelgeneem word. Swartkrans is gewoonlik vir die publiek gesluit, en ‘n wetenskaplike sal die groep vergesel en voorligting doen. Op 25 Junie kan weer aan die gereelde Sterrekyk-geleentheid deelgeneem word. Dié aand word Galileo Galilei en die planeet Saturnus aan die bod geplaas.
Skryf aan Maropeng [info@maropeng.co.za] vir meer inligting.
Via die nuusbrief of die webtuiste http://www.maropeng.co.za/ kan ook die volgende, onlangse artikels oor Maropeng se betrokkenheid by “groen” aangeleenthede gelees word:

• Maropeng teaches learners about our home planet
• Greening Maropeng: A group effort
• New water conservation technology at Sterkfontein Caves
• Maropeng brings you tips on how to save water
• South Africa’s water crisis: Maropeng takes on the challenge
• Water and the evolution of humankind
• Maropeng celebrates World Wetlands Day 2011