Subscribe by Email

Marius Fransman vir twee jaar geskors

Marius+FransmanDie ANC se geskorste Wes-Kaapse leier, Marius Fransman, sê hy vind dit vreemd dat hy in die media moes hoor van die bevindings van die party se Integriteitskommissie oor die ondersoek na bewerings van seksuele teistering teen hom. ‘n Jong vrou wat vir hom gewerk het, Louise Wynand, het hom in Januarie aangekla na ‘n rit na Noordwes. Die kommissie het aanbeveel dat Fransman alle verkose posisies ontruim en vir twee jaar nie verkiesbaar mag wees in enige ANC-struktuur nie omdat sy optrede die party se beeld ernstig geskend het. Fransman sê hy sal die kwessie intern hanteer.

One Response to Marius Fransman vir twee jaar geskors

  1. Koos

    Julie 13, 2016 at 1:16 pm

    Hy is so skuldig soos die hel. Kry vir jou, jou sleggat