Subscribe by Email

Marius Fransman se skorsing word opgehef

marius-fransmanDie ANC se Wes-Kaapse voorsitter, Marius Fransman, is terug in die tuig nadat hy gevra is om opsy te staan te midde van klagtes van seksuele aanranding teen hom. Die minister van Waterwese en Sanitasie, Nomvula Mokonyane, sê die kwessies met hom is opgelos. Fransman se voormalige persoonlike assistent, Louisa Wynand, het hom in Januarie aangekla nadat sy saam met hom per motor na Noordwes gereis het. Die ANC se integriteitskommissie het onlangs bevind dat Fransman met sy optrede die party se naam geskend het.