Subscribe by Email

Marikana-slagting van vier jaar gelede word herdenk

marikanaDie mynwerkersvakbond Amcu gaan vandag die Marikana-slagting/Amcu-trustfonds en ‘n bouprojek weer bekend stel om die gesinne van die slagoffers by te staan. Dit is vandag vier jaar sedert die polisie by die myndorp in Noordwes op stakende mynwerkers losgebrand en 34 doodgeskiet het. Amcu se president, Joseph Mathunjwa, sê ‘n gedenkdiens sal op Marikana gehou word om die mynwerkers te vereer sonder dat daar politieke punte aangeteken sal word.

Die menseregte-organisasie Amnestie Internasionaal het intussen ‘n verslag vrygestel wat toon dat Lonmin se platinummyn op Marikana nagelaat het om behoorlike behuising vir sy werknemers te voorsien. Baie beloftes is aan die gemeenskap gemaak ten opsigte van behuising, water en sanitasie terwyl die verslag toon dat dertien en ‘n half duisend van Lonmin se werknemers steeds nie formele verblyf nie. Die maatskappy sê hy het sedert 2012 meer as twee duisend-600 behuisingseenhede gebou en gaan nog baie bou.