Subscribe by Email

Maria Sharapova gaan die Olimpiese Spele misloop

maria1Die omstrede Rus Maria Sharapova sal nie volgende maand aan die Olimpiese Spele in Rio de Janeirokan deelneem nie. Sy het appelleer teen haar skorsing van twee jaar nadat sy in Januarie positief getoets het vir ‘n verbode opkikker, maar die Sport-Arbitrasiehof het uitspraak tot September uitgestel. Die oorspronklike uitspraak sou volgende Maandag gewees het, maar die hof het besluit dat meer tyd nodig is.