Subscribe by Email

Mans-halfeindstryde vind vandag op Wimbledon plaas

roger-federer-us-open-semifinals-stan-wawrinkaDie derde gekeurde Roger Federer van Switserland gaan vandag probeer om sy elfde Wimbledon- en 28ste grand slam-eindstryd te haal wanneer hy in die voorlaaste ronde te staan kom teen die sesde gekeurde Kanadees Milos Raonic. Federer het die grasbaantoernooi in Londen al sewe keer gewen. Die ander halfeindstryd word beslis tussen die tweede gekeurde en kampioen in 2013, Andy Murray van Skotland, en die tiende gekeurde Tsjeg Tomas Berdych wat nog nooit ‘n grand slam-titel kon behaal nie.

In die mans-dubbelspel het Raven Klaasen van Suid-Afrika en die Amerikaner Rajeev Ram in die halfeindronde verloor teen die Franse paar Julien Benneteau en Edouard Roger-Vasselin.