Subscribe by Email

Man wat diefstal wil aanmeld, hoor hy moet F@! of!

Foto is nie verwant aan hierdie berig nie

’n Besigheidsman van Gauteng wat ’n diefstal by die Durbanse polisie wou aanmeld, is na bewering aangerand, rassisties verkleineer en toegesluit in ’n polisie prisoniers trok wat stink van urine.

Die 30 jarige Carl Wessels van Meyerton het Maandag in Durban aangekom en hy was tuis by ’n Suid-Strand hotel in Durban. Hy beweer dat hy beroof was deur 5 mans in een van Durban se strate. Hulle het sy horlosie, selfoon, beursie en ID-boekie gesteel.

Wessels het toe ’n polisie bakkie geparkeer gesien aan die oorkant van die straat en het die rooftog op hom probeer aanmeld by ’n persoon wat in die bakkie gesit het. Die persoon, wat siviele klere aangehad het, het hom gesê om te F@! of, want dit is nie sy werk om hom te help nie. Toe Wessels aan die beampte sê dat dit is sy werk, het die beampte aan hom gesê om hom nie te probeer voorskryf oor wat sy werk is nie.

Wessels het na bewering toe omgedraai en geloop, maar die polisiebakkie het hom agtervolg. Drie polisiemanne in uniform het uit die bakkie gespring en hom begin aanrand. Daarna het hulle hom in die polisie bakkie gelaai en na die Boscombe Polisie stasie geneem, waar twee van die polisiemanne hom agter in die trok toegesluit het. Wessels beweer die polisiemanne het hom toe ’n “white pig” en ’n “bastard” genoem. ’n Ander polisiebeampte het hom na bewering later vrygelaat.

Hy het toe na die Point Polisiekantoor gegaan om ’n klag teen die polisie daar te lê oor wat met hom gebeur het. Terwyl hulle besig was om sy verklaring af te neem, het een van die 5 manne wat hom vroër beroof het, daar ingestap om ook ’n saak te kom aanmeld, met Wessel se horlosie aan sy arm. Die man is toe in die aanklagkantoor in hegtenis geneem toe Wessel hom uitken.

Kolonel Jay Naicker het bevestig dat die saak ondersoek word. Wessel het homself beloof om nooit weer Durban te besoek nie.