Subscribe by Email

Man op N1 doodgeskiet gevind

foto hou nie verband met berig

Die polisie in Gauteng sê dat ’n man wat op die N1 in Johannesburg met sy voertuig gery het, doodgeskiet is. Hy is deur die polisie gevind met ’n skietwond in sy kop en sy voertuig wat in ’n sement muur langs die N1 vasgery is, net na 2 uur gisteroggend. Die insident het tussen die Rivonia en Buccleuch afritte gebeur. Verskye koeëlgate is in sy voertuig gevind.

Die man is later geidentifiseer deur sy vrou as die 55 jarige Joseph Fok-Tim. Daar word vermoed dat vanuit ’n ander voertuig op hom geskiet is.

Die polisie kan nie bevestig of dit ’n moontlike kontrakmoord, of padwoede voorval is nie. Die saak word ondersoek.