Subscribe by Email

Man kritiek nadat muur op hom val

wall

‘n Man verkeer in ‘n bestendige toestand nadat ‘n muur gistermiddag op ‘n erf in Claremont, in Kaapstad, op hom geval het.

Russel Meiring,’n woordvoerder van ER24, het Vrydag gesê die 30-jarige man was steeds onder die puin vasgekeer toe reddingswerkers by die toneel opgedaag het.

“Die metropolisie moes die gebied afsper sodat paramedikuste en reddingswerkers  ? veilige omgewing kon het om in te werk,” het Meiring gesê.

Die man is na die Vincent Pallotti-hospitaal geneem nadat hy bevry is.

Die oorsaak van die voorval is onbekend en word deur plaaslike owerhede ondersoek. –Sapa

Deur: Mobi-span
Foto: ER24