Subscribe by Email

Man doodgeslaan, vrou verkrag en 4 jarige ernstig aangerand

’n Bende van 15 mans het in nog ’n plaasaanval in Limpopo, die hoewe eienaar doodgeslaan, sy vrou beurtelings verkrag en hul vier jarige dogter ook ernstig aangerand.

Die voorval het vroegoggend vandag (Saterdag) gebeur, volgens die polisie in Limpopo, in die Dalmada gebied, net buite Polokwane.  Kolonel Moatshe Ngoepe van die Limpopo polisie sê hulle het eers die man vasgebind, waarna hulle hom doodgeslaan het. Daarna het 5 van hulle beurtelings sy vrou verkrag, waarna hulle toe die egpaar se 4 jarige dogter ernstig aangerand het.

Ngoepe sê dat die motief vir hierdie aanval is onbekend en dit blyk dat daar niks uit die huis gesteel is nie. Die vrou en kind is tans in die hospitaal opgeneem. Die vrou is tans erg getraumatiseerd en kon nog nie ’n verklaring aflê oor die gebeure vir die polisie nie.

One Response to Man doodgeslaan, vrou verkrag en 4 jarige ernstig aangerand

  1. A Grobler

    April 20, 2010 at 7:13 am

    die doodstraf sal drasties weer ingestel moet word, anders gaan die blankes almal uitgeroei word.