Subscribe by Email

Malema weer in sop

AfriForum gaan vanmiddag ʼn strafregtelike klag teen die ANC Jeuliga-leier Julius Malema lê nadat hy gister by ʼn openbare geleentheid in Thembelihle, Lenasia, teenwoordiges aangemoedig het om grond sonder toestemming te beset indien die regering nie dit aan hulle oorgee nie.

AfriForum het op regsadvies verneem dat hierdie optrede van Malema op sigself die misdryf van uitlokking tot sedisie daarstel en dat hy strafregtelik daarvoor vervolg kan word. ʼn Strafregtelike klag sal voorts vanmiddag om 15:00 by die Wierdabrug-polisiestasie in Valhalla, Centurion ingedien word.

ʼn Reeks ander misdrywe, wat uitlokking tot openbare geweld en uitlokking tot betreding insluit, sal in die alternatief gepleit word.

Die besonderhede vir die geleentheid is as volg:

Datum: Donderdag, 20 Oktober 2011

Tyd: 15:00

Plek: Wierdabrug-polisiekantoor, h/v Vindhella- en Vikingweg, Valhalla, Centurion (naby die hoek van Ou Johannesburg- en Trichardtweg)