Subscribe by Email

Malema se lied gestuit deur hofinterdik.

ANC Jeugleier, Julius Malema, se “skiet die boer” lied was laat gisteraand suksesvol gestuit deur ‘n dringende hofinterdik wat Afriforum by die Pretoriase Hooggeregshof aangevra het. Die hof het Malema ook verbied om enige ander lied wat haat en geweld aanblaas, te sing.

Hierdie is ‘n tydelike interdik, wat geldig is tot en met die eerste dag waarop die saak aangehoor sal word in die gelykheidshof.

Afriforum het die uitspraak verwelkom, as ‘n oorwinning vir Suid Afrika.