Subscribe by Email

Malema sê dis net sy party wat wit bevoorregting sal uitwis

Julius_Malema_EFF (1)Julius Malema van die EVV sê sy party is die enigste een wat die uitwissing van wit bevoorregting voorstaan. Malema het by ‘n politieke debat in Midrand gesê hy haat nie blankes nie, wat hy haat is wit oppermagtigheid. Oor onderrig in Afrikaans by universiteite het hy gesê dit skep die indruk blankes beter as swartmense is. Malema sê sy party sê nie dat daar nie Afrikaans gepraat moet word nie, net dat die taal nie bevoorreg moet word nie.

2 Responses to Malema sê dis net sy party wat wit bevoorregting sal uitwis

  1. John

    Junie 12, 2016 at 9:55 am

    Die ‘indruk’ pla Malema, of dit waarheid is of nie, is nie ter sake nie. Waarom het ons nog howe? As iemand lyk soos ‘n skelm, gooi hom sonder bewyse of verhoor in die tronk. Is dit nie eerder ‘n kwessie van jaloesie nie?

  2. Dimitri Boer

    Junie 11, 2016 at 6:48 pm

    Kan iemand asseblief die boy stil maak.