Subscribe by Email

Malema se besighede nie geregistreer op regering databasis

Pravin Gordhan

Pravin Gordhan, die minister van finansies, het sopas bekendgemaak dat nie een van die maatskappye van Julius Malema wat tenders ter waarde van miljoene rande vanaf die regering in Limpopo verkry het, gelys is op die regering se databasis van besighede wat kwalifiseer om met die regering besigheid te doen nie.

Hierdie besighede van Malema wat miljoene rande se voordeel uit staatstenders trek is ook, volgens Gordhan, nie in besit van enige belastingvrywaringsertifikate nie. Gordhan het reeds in 2003 opdrag gegee aan alle regeringsamptenare wat tender toekennings doen vir die staat, dat geen tender toegeken mag word aan enige besigheid wat nie in besit is van ’n geldige belastingvrywaringsertifikaat is nie.

Malema was nie beskikbaar vir kommentaar hierop nie en sy prokureur, kon ook nie kommentaar lewer nie aangesien hy net op spesifieke opdragte vir Malema werk.

Die munisipaliteite in Limpopo ontken dat hulle tenders aan Malema toegestaan het. Volgens hulle inligting op hulle databasisse behoort SGL Engineering, 100% aan Lesiba Gwangwa, ’n besigheids vennoot van Malema.