Subscribe by Email

Maimane sê die Onderwysdepartement hou opsetlik die verslag terug

Mmusi-Maimane (1)Die leier van die Demokratiese Alliansie, Mmusi Maimane, het die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, daarvan beskuldig dat sy opsetlik die bekendmaking van ‘n verslag oor die verkoop van poste vertraag. Sy het verlede jaar ‘n taakspan aangestel om nuusberigte te ondersoek dat lede van die onderwysersvakbond Sadou onderwys- en skoolhoofposte verkoop. Die departement het Maimane se aantyging verwerp en sê die regte prosesse word gevolg om diegene wat in die verslag genoem word, kans te gee om formeel te reageer.