Subscribe by Email

Maimane sê die lewe is vir almal beter waar die DA regeer

ghnw20150510-160739-370Die DA-leier, Mmusi Maimane, sê Nelson Mandela se ANC het ophou bestaan toe Jacob Zuma in 2007 as die party se president verkies is. Maimane het duisende DA-ondersteuners vandag in Dobsonville, Soweto, toegespreek by die opposisieparty se laaste saamtrek voor die verkiesing. Hy sê Suid-Afrikaners is in 1994 ‘n beter lewe vir almal belowe, maar al wat hulle gekry het, is ‘n beter lewe vir party mense. Hy het bygevoeg dat waar die DA regeer, die lewe vir almal beter is. Maimane sê ‘n stem is nie ‘n tatoeëermerk nie en mense hoef nie hulle lewe lank net vir een party te stem nie.