Subscribe by Email

Madeleine van Biljon (81) is oorlede.

Die joernalis, kos­kenner en skrywer Madeleine van Biljon (81) is gisteraand oorlede.

Van Biljon is in Lichtenburg gebore en was onder meer tussen 1983 en 1984 president van die Kaapstadse Persklub. Sy het ook jare lank ’n kosrubriek in die Sunday Times behartig.

Volgens een van haar susters, die skrywer en resensent Cecile Cilliers, wat die kykNET-program Boeksusters vroeër saam met haar aangebied het, het Van Biljon “maklik gesterf met al haar kinders om haar”.

Sy word ook oorleef deur haar dogter Madeleine Roux en seun Willem van Biljon.