Subscribe by Email

Los Angeles geskud

Geen ernstige skade is nog aangemeld nie na ‘n aardbewing van 4,4 op die Momentmanutedeskaal die groter Los Angelesgebied gisteraand getref het. Opnames van skade word nog gedoen, berig die Los Angeles Times op sy webblad. Lesers het van wyd en syd laat weet dat hulle die skudding gevoel het.

Die aardbewing is ‘n ruk later deur ‘n veel ligter skudding gevolg.

Die sterker skudding se episentrum was 8,2 kilometer onder die oppervlak, wat betreklik vlak is en die kanse vir skade vergroot. Sy kleinboetie was sowat ‘n kilometer dieper.

Dié skudding volg twee dae na ‘n effens sterker skudding Kalifornië in ‘n yl bewoonde gebied omtrent halfpad tussen Los Angeles en San Fransico getref het.

Die aarde beleef op die oomblik ‘n “skaarste” aan sterk aardbewings, maar terselfdertyd kry plekke wat gewoonlik nie deur aardbewings geteister word nie, wel skuddings. Die Suid-Vrystaat het enkele dae gelede ‘n skudding beleef, terwyl Denemarke ook ‘n skudding van M4,4 beleef het, en ‘n skudding van M5,1 aan die kus van die Rosssee in Antarktika voorgekom het. ‘n Redelike sterk aardbewing het ook sowat 1 500 kilometer suid van Suid-Afrika voorgekom, en ‘n sterker aardbewing sowat 2 000 suid van Hermanus. 

 

 

Herman Toerien