Subscribe by Email

Limpopo magistraat gearresteer oor onwettige huwelik

Mary Mokone, magistraat van Limpopo, gearresteer vir bedrog. Foto: ELIJAR MUSHIANA

Magistraat Mary Mokone van die Senwabarwana magistraatshof in Limpopo was gearresteer omdat sy die wet in haar guns verdraai het om haar onwettige Nigeriese immigrant liefie in die land te hou.

Die desperate magistraat het na bewering ‘n huwelik geregistreer tussen haarself en die onwettige immigrant, om die departement van buitelandse sake te verhoed om hom te deporteer. Sy het die Nigerier, Dike Anistetus Nionso, in haar eie naam geregistreer om hom in staat te stel om ‘n SA ID dokument te kan bekom.

Magistraat Mokone was gister in haar kantore gearresteer deur beamptes van binnelandse sake en immigrasie. Sy word aangekla vir bedrog en dat sy inmeng in die verloop van die reg in SA.

Sam Moremi, ‘n woordvoerder van die departement van binnelandse sake, het verklaar dat hulle ondersoek gevind het dat die magistraat die huwelik onwettig geregistreer het, en dat dit nooit plaasgevind het nie.

Intussen het die Nigeriese onwettige liefdes immigrant spoorloos verdwyn.

Mokone verskyn eersdaags in ‘n hof in Limpopo.


2 Responses to Limpopo magistraat gearresteer oor onwettige huwelik

  1. Kuifie

    Maart 28, 2010 at 8:35 pm

    Hoe ‘n swart mamba die regspraak in Afrika kan beïnvloed….

  2. Annette

    Maart 28, 2010 at 3:13 am

    Dit behoort interessant te wees om na te slaan wat presies gesien word as ‘n huwelik in die oë van ons reg.
    Die arme magistraat ( sy lyk vreeslik baie na ou oorlede Manto ) moes vreeslik drooggemaak het om hierdie optrede tot gevolg te hê.
    Miskien het sy nie van al die voorskrifte en regulasies geweet wat ‘n huwelik as wettig sou kwalifiseer nie,
    Sjym.

    Annette