Subscribe by Email

Ligte sneeu, ‘n onstuimige see, en stormsterk kuswinde

stormSwaar reën en bitter koue weer is vir vandag vir die Wes- en Noord-Kaap voorspel.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel ook ligte sneeu, ‘n onstuimige see, en stormsterk kuswinde.

Swaar reën word veral oor die westelike dele van die Overberg en die Kaapse Wynlande verwag.

Ontwrigtende sneeu word oornag en môre op die noordoostelike hoogliggende dele van die Oos-Kaap verwag.

‘n Stormsterk westewind van tot 65 kilometer per uur is vir die gebied tussen Kaap Agulhas en Port Alfred voorspel.

Op Sutherland word ‘n maksimum-temperatuur van net sewe grade Celsius vandag verwag, en op Calvinia en Springbok sal die kwik tot elf grade styg.