Subscribe by Email

Ligte aardbewings aan die een kant, effe sterker aan die ander kant

‘n Interessante verskynsel op die jongste wêreldaardbewingkaart is dat die aardbewings aan die westekant van die Stille Oseaan redelik stewig is, terwyl die dié aan die ooskus betreklik lig is.
Volgens die jongste navorsingsverslag op die USGC se webblad, is dit eintlik heel verstaanbaar – aardbewings ver daarvandaan veroorsaak ligte verskuiwings en trillings aan in die San Adreasfout in Kalifornië.
Daar kan nie veel meer van afgelei word nie, byvoorbeeld op dit op ‘n komende grote dui, of dat die spanning in die fout deurlopend genoeg ontspan sodat die dag van die grote uitgestel word.
Aardbewings aan die bek van die Karibiese See is nou in twee kolletjies gekonsentreer, en ‘n paar stewiges het al tussenin voorgekom. Interessant genoeg is die Mid-Atlantiese Rif, wat daar taamlik naby kom, op die oomblik ook redelik aktief, na byna alle seismiese aktiwiteite ‘n tyd lank om die Ring van Vuur gekonsentreer was. Verskeie van die Karibiese Eilande is vulkanies van oorsprong, en die trillings dui nie noodwendig op die opbou van spanning wat tot ‘n groot aardbewing sal lei nie.
Die groot rooi kol by Japan is ‘n aardbewing wat kort gelede plaasgevind het, en M5,2 gemeet het – te min om in Japan wat aan veel sterker aardbewings gewoond is veel wenkbroue te laat lig.
Daar is nou kort-kort ‘n ligte oorlopie van die eilande net Noord van Nieu-Seeland na Nieu-Seeland se Noord-Eiland. Dié aardbewings is moontlik steeds naskokke van die werklike grote wat die Keremadec-eilande op 6 Julie getref het. Die groot aardbewinggevaar is dus eerder verby as wat dit mense wat die Rugby-wêreldbekertoenooi wil gaan bywoon, twee keer moet laat dink.