Subscribe by Email

Liefling – die Movie laat loketrekords spat

Die Afrikaanse musiekprent, Liefling – die Movie, het op sy openingsnaweek nét minder as twee miljoen rand by die loket verdien.

Meer as 70-duisend mense het landswyd na vertonings gestroom. Dit maak hom die beste verdiener vir die naweek van 19 tot 21 November, met dubbel die inkomste van die tweede gewildste rolprent, Red.

Die uitvoerende hoof van Plaaslike rolprent verspreiding, Helen Kuun, sê Liefling het verder die beste openingsnaweek gehad van enige Afrikaanse rolprent sedert 1980. Hy het op sy openingsnaweek 89 persent meer as die Hollywood-treffer, Moulin Rouge en sewe persent meer as Chicago verdien.

Kuun voorspel dat die rolprent se inkomste binnekort rolprente soos Orkney Snork Nie, Lipstiek Dipstiek en Bakgat een én twee verby sal steek. Sy sê Liefling het byvoorbeeld reeds 221 persent meer verdien as Jakhalsdans, wat vroeër vanjaar uitgereik is.

Sy openingsnaweek-verdienste het ook reeds die algehele verdienste van Susana van Biljon en Hanna Hoekom, ander Afrikaanse rolprente wat vanjaar vrygstel is, verbygesteek.

One Response to Liefling – die Movie laat loketrekords spat

  1. Rina

    April 5, 2011 at 7:27 am

    Het nie geweet so baie het na die gemors gaan kyk nie, maar ek is nie verras nie.