Subscribe by Email

Lewis hamilton beboet

grand-prix-action-lewis-formula-1-hamilton-mercedes_3352667Die Formule Een-wêreldkampioen, Lewis Hamilton van Brittanje, is met vyf wegspringplekke beboet nadat sy Mercedes-span sy motor se ratkas vervang het. Dit beteken dat hy in die naweek se Sjinese grand prix nie beter as ‘n sesde wegspringplek sal kan inneem nie. Mercedes het in ‘n verklaring bevestig dat die ratkas vervang moes word nadat dit beskadig is in die vorige wedren in Bahrein. F1 se reëls bepaal dat ‘n ratkas vir ses agtereenvolgende renne gebruik moet word.