Subscribe by Email

Legendariese modeontwerper oorlede

Oscar de la Renta de la Renta del Rio

Die legendariese modeontwerper, Oscar de la Renta is in Connecticut oorlede.

Hy was 82. De la Renta word as een van die invloedrykste ontwerpers van die laaste 50 jaar bestempel en het onder meer klere vir rolprentsterre en presidentsvroue soos Jackie Kennedy en Hillary Clinton ontwerp.

De la Renta het ook onlangs die trourok van die menseregteprokureur, Amal Alamudden gemaak vir haar huwelik met die akteur George Clooney.

De la Renta is in die Dominikaanse Republiek gebore en het later kuns in Spanje gestudeer.