Subscribe by Email

Leeus deur na Curriebeker-eindstryd

DiLions

Die Goue Leeus is deur na hulle eerste Curriebeker-eindstryd sedert hulle die toernooi in 2011 gewen het, met ‘n 50-20 oorwinning oor die Haaie op Ellispark in Johannesburg.

Die tempo en gretigheid waarmee die tuispan gespeel het, was bloot net té veel vir die Haaie wat nooit werklik hul voete kon vind nie.

Howard Mnisi, die binnesenter, het sy span se drie-telling aan die rol gesit in die tiende minuut, nah y uitstekende visie uitgestal het om ‘n skoppie vorentoe te loots.

Teen halftyd was die Leeus se voorsprong 23-3 en die grootste uitdaging in die tweede helfte om nie te gaan lê nie. Die haaie het doelgerig teruggeveg maar hul verdediging en balbeskerming was net te gebrekkig. Die Leeus het ‘n tweede asem geskep  en seker gemaak dat die eindtelling ‘n loesing was.

Die Leeus gaan in die eindstryd teen die Westelike Provinsie te staan kom.,