|

Die Burger kykNET Buite Ekspo

Die Burger Buite Ekspo was uiters suksesvol aangebied gedurende 17 tot 20 Februarie 2011. Dit was gehou te Kam’bati River Resort, 20km buite Swellendam en 200km vanaf Kaapstad en George. Gaan kyk gerus by www.kambati.co.za. om meer oor die oord te wete te kom.

Die Ekspo het 7000 mense gelok, waarmee ons hoogs tevrede was gegewe ook dat dit die eerste jaar van aanbieding was en aanvanklik baie gure weer! Hierdie sukses het ons genoop om Die Buite Ekspo konsep in die Noorde aan te bied.

kykNET met sy byna 2 000 000 TV kykers het ingestem om die Hoofmediaborgskap op te neem vir die Limpopo weergawe van Die kykNET Buite Ekspo en gedurende 22 tot 25 September 2011 bied ons dit met groot sukses aan by Mbizi Caravan Lodge net buite Warmbad. 14 000 woon hierdie geleentheid by!

Na hierdie sukses onderhandel ons met Die Burger en kykNET om gesamentelik die Hoofmediaborgskap te deel en Die Burger kykNET Buite Ekspo maak sy buiging vanaf 2 tot 4 Maart 2012 by Kambati River Resort, ons derde Buite Ekspo in minder as twee jaar!

Die Missie van Die Burger kykNET Buite Ekspo is om die buitelewe te bevorder en te simuleer in ‘n veilige omgewing en om die gesinswaardes deur familie aktiwiteite in die buitelewe te inspireer.

Ons is tans besig met onderhandelinge om Die Buite Ekspo konsep ook Internasionaal te neem na Namibie toe en maak eersdaags meer inligting hieroor bekend!

Short URL: http://www.koerant.co.za/?p=7196

Leave a Reply

Recently Commented

  • JEF: Ons is bly om te sien julle manne (en vroue natuurlik) daar in Gauteng lees ook ons webtuiste. Sien verdere...
  • Corne Myles: Ek is n skuldberader en ook n prokureur. Die situasie wat M P Kruger en LJ Oelofse hierbo beskryf is...
  • Annelie: Ek wil graag meer leer oor facebook bemarking
  • Otto Saayman: Hello daar. Die inligting oor die 45509 SMS nommer is glad nie korrek nie. Ons is die maatskappy wat...
  • Sandra Eksteen: Gert n vraag vir jou. As Matt op die paneel was van beoordelaars-wie dink jy sou weggestap het met...
  • Gert Verwey: Matt Hurter, president vant van die SACMA is die enigste kundige op die gebied van SA counrty musiek en...