Subscribe by Email

Lede van ver-regse beweging in hegtenis vir sabotasie-komplot

Die foto het nie enige verband met die wapens wat gevind is nie

Polisie het lede van die beweging, Die Suidlanders, in hegtenis geneem weens ’n beweerde samesweerdery om die Wêreldsokkerbeker te saboteur. Verskeie lede van hierdie vêr-regse beweging is gearresteer in Mpumalanga, Pretoria en die Wes-Kaap.

Daar is ook beslag gelê op twee wapenopslagplekke, wat verskeie plofstof en duisende rondtes ammunisie bevat. Een van hierdie opslagplekke is gevind op die gronde van ’n voormalige weermagoffisier se huis in die Wes-Kaap en nog een was vroeër gevind in ’n kelderverdieping stoorkamer van die Magistraatshof in Worcester.

Die polisie vermoed dat hierdie wapens gebruik sou word om die sokkerwêreldbeker in Suid-Afrika te saboteur en ontwrig. Die polisie wyer om enige verdere inligting bekend te maak rondom hierdie beweerde samesweerdery en wie almal in hegtenis geneem is.