Subscribe by Email

Lasbrief vir Pravin Gordhan uitgereik, die Rand tuimel erg

1gordhanDie direkteur van die Nasionale Vervolginsgesag, Shaun Abrahams, het sopas bevestig dat Gordhan, Pillay en Magashule vervolg moet word vir bedrog. Hulle is vandag  in kennis gestel van die lasbrief en moet in die hof verskyn op 2 November.

Vroëer het ons berig:
Die Valke het sopas ‘n lasbrief uitgereik vir die minister van finansies Pravin Gordhan, die voormalige SAID kommissaris Oupa Magashula en die voormalige adjunk SAID kommisaris Ivan Pillay, net na 10 uur vanoggend (Dinsdag). Die lasbrief is vir hom om in die hof te verskyn op ‘n klagte van bedrog, wat gaan oor beweerde onregmatige uitbetaling deur SAID aan Pillay toe hy afgegetree het.

Dit het veroorsaak  dat die rand skerp teen die dollar verswak tot R14,20 van R13,81  in reaksie op berigte dat die lasbrief uitgereik is, en kan nog verder verswak.

Die direkteur van die Nasionale Vervolginsgesag, Shaun Abrahams, is tans besig om die media toe te spreek oor Gordhan.

 

One Response to Lasbrief vir Pravin Gordhan uitgereik, die Rand tuimel erg

  1. Koos

    Oktober 11, 2016 at 9:59 am

    Wat van die wapen skandaal, die fase 2 water skandaal, Inkhandlah,ander woning opknappings, kontrakte (baatjies vir boeties), 4 miljard rand
    verkwis deur die vorige Tshwane administrasie, die 10 miljoen vate reserwe olie onder verkoopprys van die hand gesit en nog meer?