Subscribe by Email

Laodicea “herleef”

Intensiewe restourasie is onderweg aan die ruïnes van antieke Laodicea, die stad wat in die boek Openbaring met lou, in plaas van koud of warm in verband gebring word.

Die rekonstruksie van Laodicea het die ou argeologiese vraag opnuut laat opduik – moet argeoloë met hul uitgrawingswerk dit wat hulle vind laat soos dit gevind is, of moet dit gerekonstrueer word soos wat dit eens was. In Laodicea het laasgenoemde denkrigting geseëvier.

Foto: Today’s Zaman

 

 

Herman Toerien