Subscribe by Email

Lansie vir verklikkers

Die Europese Hof vir Menseregte het ‘n stewige lansie vir werkers wat korrupsie of onreëlmatighede by hul werkgewers aan die kaak stel, gebreek toe in die guns van ‘n Berlynse verpleegster beslis is.
Die verpleegster is na sy haar griewe gestel het summier afgedank, berig die Berliner Umschau. Die hof het beslis dit was ‘n skending van haar reg op menigsuitdrukking en het kompensasie van €15 000 toegestaan.
Die hof het beslis dié reg was hier teenwoordig omdat sy onreëlmatighede openbaar het, en is daarom van strafregtelike aanspreeklikheid gevrywaar.