Subscribe by Email

“Lady Chatterley” sterf

Die Nederlandse aktrise, model en sangeres, Sylvia Kristel is op 60-jarige ouderdom oorlede. Sy het in haar slaap aan kanker gesterf.

Kristel het in Suid-Afrika veral bekendheid verwerf vir haar rol as lady Chatterley in die rolprent Lady Chatterley’s Lover, wat in 1981 vervaardig is.

Dié rolprent het veral die aandag hier getrek omdat dit een van die eerste rolprente met “harde” naaktonele was wat in Suid-Afrika vertoon is na sensuur verslap is.

Kristel was toe reeds in die buiteland goed bekend vir haar rol in die Franstalige Emmaneulle-rolprente. Sy het in meer as vyftig rolprente opgetree.

Sy is as die dogter van ‘n kroegbestuurder in Utrecht gebore, en kon Nederlands, Engels, Frans, Duits en Italiaans praat.

Sy laat een seun agter.