Subscribe by Email

KykNET ‘herhaal g’n te veel’

Gavin Prins skryf op nuus24:

Kykers van kykNET wat kla oor te veel programherhalings op dié Afrikaanse televisie-kanaal, en dat die kômmin Molly & Wors-gesin vlak kykstof is, maak ’n aanname wat nie met kykNET se syfers strook nie.

kykNET is straks die kanaal met die minste herhalings op DStv.

En Molly & Wors is die gewildste program op kykNET.

KykNET het die afgelope week gesê hy saai per week slegs ’n uur en ’n half se programme wat reeds op TV was in hul premier-gleuf uit.

Hierby, sê Haddad Viljoen, kykNET se woordvoerder, bied hulle hul kykers 35 uur per week nuwe inhoud.

“Ons kry klagtes oor ons herhalings, maar dit help nie ons vertoon nuwe programme deur die dag terwyl die meeste van ons kykers by die werk is nie.

“Dus kan ek met eerlikheid sê kykNET is dié kanaal wat die minste herhalings wys in die premier-gleuf van 17:00 tot 21:00.”

Tans word slegs Fiesta, Die Casper Rasper Show en Kriminele meesterbrein heruitgesaai op kykNET.

….
Molly & Wors is desondanks die kanaal se gewildste program en skop steeds stof in die oë van programme soos Binneland, Villa Rosa, eNuus en selfs Kwêla.

Viljoen sê daar is ’n magdom opwindende nuwe programme op pad vir 2012, waaronder dramareekse, komedies, speletjies, werklikheid- en leefstylprogramme.