Subscribe by Email

Kruisvaardergoud gevind

‘n Stukkende fles met goudmunte is tydens argeologiese uitgrawings in die destydse Kruisvaarderstad, Appolonia-Arsuf in die teenswoordige Israel gevind. Dit is naby die teenswoordige Herzliya.

Die meer as 100 goue munte wat in die fles gekry het, is sowat R800 000 werd. Hoewel die fles waarskynlik tydens die slag van Arsuf tussen Saladin en Richard Leeuehart in die 13de eeu dateer, is die munte self sowat 250 jaar tevore in Egipte geslaan.

Die argeoloë glo die eienaar daarvan het dit doelbewus in ‘n stukkende vaas versteek en met sand gevul voor hy dit onder die vloerteëls van sy huis begraaf het. Hy was klaarblyklik van plan om dit later te kom haal, en het gehoop dat as iemand intussen die stukkende vaas sou kry, dit bloot as stukkende vaas sou aansien en uitlos. 

Die Kruisvaarderkoninkryk Jerusalem het uit twee fases bestaan. Die eerste, met Jerusalem as hoofsetel en ongeveer so groot soos die teenswoordige Israel het van 1099 tot 1187 geduur. Die tweede, met die hoofsetel by Accra het van 1192 tot 1291 geduur, en het ook as die Koninkryk van Accra bekend gestaan. Richard Leeuehart, wat onder meer koning van Engeland was, was die leidende figuur van die Koninkryk Accra wat onsuksesvol probeer het om Jerusalem te herower.

Hoofbron:  http://www.israelnationalnews.com/News/News.aspx/157609#.T_nIpGukd8E

Kaart: Dui die ligging van Appolinia-Arsuf (slegs as Arsuf aangedui) aan.

  Herman Toerien