Subscribe by Email

Krugerpark se wildbewaarders met granaatwerpers bewapen

12-filepicturesDie wapenvervaardiger Milkor het gister in Pretoria  40 millimeter granaatwerpers wat op gewere pas aan SANparke oorhandig, om in die stryd teen wilddiewe in die Kruger Nasionale Park gebruik te word. SANparke huisves die grootste bevolking van renosters ter wêreld, maar word toenemend deur wilddiewe bedreig. Milkor se Hoofbestuurder, Marius Roos, sê die maatskappy is deel van die stryd teen wilddiewe en sal voortgaan om wapens aan te pas om in hierdie stryd aangewend te word.