Subscribe by Email

Kruger Wildtuin word kaal gestroop

‘n Renosterkoei in die Krugersdorpse wildreservaat aan die Wes-Rand is doodgesteek en haar horing verwyder. Die polisie sê die renoster, wat deur werkers van die reservaat gekry is, het ‘n negemaande-oue kalfie agtergelaat. Hulle volg leidrade op. SANParke het vroeër gesê 124 renosters is tot dusver vanjaar in die land gestroop.

Intussen is ‘n Mosambieker is in die Nasionale Krugerwildtuin in verband met wildstropery in hegtenis geneem. Vyf vermeende wilddiewe is reeds vandeesmaand in die Wildtuin gevang. ‘n Woordvoerder van SanParke, Zakiya Fareed sê die jongste inhegtenisneming volg nadat wildbewaarders ‘n skoot gehoor en ondersoek ingestel het. Hulle het op ‘n man afgekom, wat ‘n jaggeweer by hom gehad het. Daar is geen dooie diere in die omtrek gekry nie. Vroeër die maand is vier verdagtes in hegtenis geneem. Hulle het twee vars renosterhorings, twee jaggewere en ‘n AK-47 in hulle besit gehad.