Subscribe by Email

Kroonstad geruime tyd al sonder water ontvang 22 000 liter

kroonstad bloemhoekDie AfriForum-tak in Middelburg het onlangs 22 000 liter water in samewerking met Middelburg Twizza (Pty) Ltd aan die gemeenskap van Kroonstad verskaf. Dít volg nadat Kroonstad se krane al vir ʼn geruime tyd droog is omdat munisipale reservoirs en damme in dié gebied opgedroog het.

“Dit is verblydend om te sien wat gemeenskappe kan vermag wanneer inwoners en plaaslike ondernemings saamstaan,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.

“Die water is afgelaai by die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad, wat met groot watertekorte gekonfronteer word,” sê Zander Potgieter, voorsitter van die AfriForum-tak in Middelburg.

Indien jy as lid van die publiek op die een of ander wyse by hierdie inisiatief betrokke wil raak, skakel Caroline Sassen, uitvoerende direkteur van Water Shortage South Africa (WSSA), by 071 612 4171.