Subscribe by Email

Kriminele ondersoek volg na ma en kinders se brand dood!

Die polisie in Norwood Johannesburg ondersoek brandstigting, nadat ’n vrou en haar twee kleuters Sondagaand doodgebrand het in hulle huis in die voorstad. “Dit is ’n kriminele ondersoek”, het Percy Morokane, ’n woordvoerder van die polisie vanoggend gesê.

Hy het gesê dat die forensiese ondersoek na die ontstaan van die brand tyd sal vat, maar wanneer dit voltooi is, sal die waarheid rondom die brand bekend wees. Hy sê dat daar tans geen verdagtes in die saak is nie.

Monica de Beer, 35 en haar twee kinders, Rogan, 4, en Milla, 2, se verbrande lyke is in die puin gevind. Haar man, Shane de Beer, het daarin geslaag om uit die brandende huis te ontsnap.