Subscribe by Email

Krieket nuus

511894698Sri Lanka het sy tweede beurt hervat op ses vir een op die derde dag van die eerste toets teen Australië in Colombo. Die toerspan het gister ‘n eerstebeurtvoorsprong van 86 lopies opgebou voor hy uitgeboul is vir 203. Die gasheer kon in sy eerste beurt net 117 aanteken. Sri Lanka het ‘n rukkie gelede tot 92 vir vier gevorder.

Nog krieketnuus is dat die veelsydige Engelse speler Ben Stokes nie in die derde toets teen Pakistan sal kan speel wat Woensdag op Edgbaston in Birmingham begin nie. Hy het ‘n kuit beseer in die tweede toets op Old Trafford in Manchester, wat Engeland met 330 lopies gewen het om die reeks gelykop te maak. Stokes sal verdere toetse ondergaan om die erns van die besering te bepaal.