Subscribe by Email

Kostebesparings is opnuut Suid-Afrikaners se voorland

Lungisa Fuzile

Lungisa Fuzile

Kostebesparings is opnuut Suid-Afrikaners se voorland te midde van lae ekonomiese groei, stygende skuld en uitgeputte hulpbronne wat die Tesourie se vermoë benadeel om fiskale tekorte op te maak.

Die direkteur-generaal van die Tesourie, Lungisa Fuzile waarsku in ‘n dokument dat die land meer met minder sal moet doen. Hy sê indien daar nie opgetree word nie, sal lae ekonomiese groei lei tot tekorte in inkomste wat die land se skuldlas sal verhoog.

Fuzile het opgemerk dat die Internasionale Monetêre Fonds sy voorspellings vir beide globale groei en SA se groei onderskeidelik verlaag het tot 3,1% en 0,6%.

Die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, wat gedagvaar is om in die hof te verskyn op aanklagte van bedrog en korrupsie, het vroeër die jaar onderneem om begrotingstekorte te verminder deur besteding in te kort.

Die ANC-jeugliga in die Vrystaat sê intussen niemand is bo die reg verhewe nie en Gordhan behoort in die hof te verskyn. Die liga se provinsiale voorsitter, Makalo Mohale, sê mense moet ophou om met Gordhan te simpatiseer en die regsproses toelaat om sy gang te gaan. Mohale sê Gordhan is nie spesiaal nie en moet net soos ander in die hof verskyn indien nodig.

One Response to Kostebesparings is opnuut Suid-Afrikaners se voorland

  1. Louis

    Oktober 13, 2016 at 2:44 pm

    Gordhan word nie, sos berig word, vervolg omdat hy ‘goedgekeur het dat Pillay vroe”er aftree nie” : Hy word vervolg omdat hy die bedrag uit die Staatsdienspensioenfonds, wat volgens vaste fomrmule vir alle lede bereken word, en wat kunsmatig verhoog was, goedgekeur het. Dit is bedrog, nie noodwendig korrupsie nie, en om skuldig bevind word vir bedrog is dit irrelevant of hy persoonlik voordeel daaruit getrek het. DIT is die ware feite. Hy moet sy dag in die hof kry, soos enigiemand anders, en hy is nie skulgig, totdat die hof hom skuldig bevind nie. So wat vrees hy dan ?