Subscribe by Email

Koringwolf gee minister bloedneus

Die uiters bedreigde “koringwolf,” of te wel die wilde Hamster, het die reg tot vebindingsones tussen hul natuurgebiede, aldus ‘n Nederlandse regter.
Die organisasie Das & Boom het die regering hof toe geneem oor besuinigingsplanne om nie meer die verbingsgebiede aan te skaf nie.
Die hele Ekologiese Hoofstruktuurplan is ter wille van besuiniging op die ys geplaas.
Das & Boom is met ‘n omvattende strategie besig om presedente met hofuitsprake te kry om eers die Nederlandse owerhede, en dan die Europese Unie se owerhede hul plig te laat doen om bedreigde diersoorte te beskerm.
Die presedent wat nou geskep is, sal belangrik wees vir die volgende saak – om deurgangsones vir die bewer te verkry.
Foto van “koringwolf”: Trouw